Juffrou Kayla, is ‘n TEFL-gesertifiseerde onderwyser, bied interaktiewe meesterklasse in Afrikaans en Engels aan om jou taalvaardighede te verbeter. Of jy nou ‘n beginner is of jou selfvertroue in die taal wil bou, hierdie klasse is ontwerp om pret, maklik en doeltreffend te wees!
✅ Basiese woordeskat en alledaagse frases
✅ Eenvoudige sinsbou en grammatika
✅ Korrekte uitspraak en geselsvaardighede
✅ Interaktiewe aktiwiteite om leer lekker te maak
Klasgroepe en Skedule:
🔹Junior Fase (Ouderdom 8-13)
📅 Saterdae
⏰ 10:00 – 10:45 & 11:00 – 11:45
🔹Intermediêre Fase (Ouderdom 14-17)
📅 Woensdae & Donderdae
⏰ 15:00 – 15:45 & 16:00 – 16:45
🔹Senior Fase (Gr 12)
📅 Woensdae & Donderdae
⏰ 15:00 – 15:45 & 16:00 – 16:45
Bespreek jou plek vandag en begin jou taalreis met selfvertroue!
Juffrou Kayla is ‘n TEFL-gesertifiseerde onderwyser met ‘n passie vir onderrig en taal. Met jare se ondervinding in die onderrig van Afrikaans en Engels, het sy ‘n unieke benadering wat beide kinders en volwassenes help om hul taalvaardighede te verbeter. Kayla fokus op ‘n interaktiewe en praktiese onderrigmetode wat leer lekker en effektief maak. Haar doel is om elke student se selfvertroue te bou en hulle te help om hul taalvaardighede in alledaagse situasies toe te pas.